Niks verkeerd met voertuie vir bestuur: NIP

Die Namibiese Instituut vir Patologie se raad van direkteure het reageer op wat hy sê misleidende media berigte is oor voertuie wat vir sy uitvoerende bestuur aangeskaf is. Die raad sê hy verbind hom tot deursigtigheid en regverdigheid, onderhewig aan talle wette, kodes en beleide. Die voertuigskema is deur die raad goedgekeur na ‘n deeglike vergelyking van maatstawwe in die privaatsektor en openbare instellings. Hy voeg by die goedkeuring is ontbloot van enige korrupsie of bedrog, en sulke voertuigskemas is ‘n norm, nie ‘n uitsondering nie, aangesien dit deel vorm van markverwante voordele vir sekere poskategorieë.