Nigeriese regering skuld US$103 miljard

Nigerië se totale openbare skuld het in die tweede kwartaal van vanjaar met 3 persent tot 103,3 miljard Amerikaanse dollar gestyg, grootliks aangedryf deur plaaslike lenings om die begrotingstekort te finansier. Nigerië se tekorte het vanjaar gegroei as gevolg van die hoë koste van ‘n brandstofsubsidie in ‘n tyd wat olie-inkomste daal as gevolg van diefstal en vandalisme op die land se pypleidings. Hoewel die skuld 23 persent van die land se bruto binnelandse produk uitmaak styg Nigerië se skuldterugbetalingskoste terwyl inkomste krimp. Tussen Januarie en April het Nigerië meer geld bestee om sy skuld te betaal as wat die land geld ingesamel het.