Nigeriese president begroot vir seiljag
Nigeriese president Bola Tinubu het ‘n aanvullende begroting van 2,8 miljard Amerikaanse dollar onderteken wat befondsing vir nuwe koeëlvaste motors vir homself en sy vrou insluit, ondanks wydverspreide kritiek van burgers wat ‘n lewenskostekrisis in die gesig staar. Die begroting sluit ook toekennings in vir ‘n presidensiële seiljag, amptelike voertuie vir die presidentsvrou se kantoor en opknappings aan die president se woonkwartiere. Tinubu, wat in Mei in die amp beëdig is, is onder druk van vakbonde om verligting aan huishoudings en werkers te bied. Hy het Nigeriërs gevra om geduldig te wees met hervormings.