Niger se weermag dood burgerlikes in teenterreur-aanvalle

Burgerlike slagoffers is ontdek ná lugaanvalle deur Niger se weermag teen terroriste naby die grens met Burkina Faso. Owerhede sê in ‘n verklaring die weermag het aanvanklik ‘n terreuraanval afgeweer wat deur ‘n groep wat op ongeveer 20 motorfietse opgedaag het, gepoog is. Lugaanvalle is uitgevoer en ‘n militêre patrollie het daarna burgerlike ongevalle op die toneel ontdek. Soos in die naburige Burkina Faso en Mali, ervaar Niger aanhoudende jihadistiese geweld, veral in die sogenaamde drie-grensgebied op die grense van hierdie drie lande. Niger  word sedert Julie verlede jaar deur ‘n militêre regime regeer ná ‘n staatsgreep.