Bangladesj stem, daar’s net een kandidaat

Bangladesj het vanoggend begin stem in ʼn verkiesing wat eerste minister, Sheikh Hasina, haar vyfde termyn in die amp waarborg nadat opposisiepartye dit geboikot het en hulle feitlik geheel en al ontwrig is weens massa-inhegtenisnemings. Die opposisie, Bangladesj Nasionalistiese Party, die BNP, en ander partye, het verlede jaar maande lank betoog en geëis Hasina onttrek voor die verkiesing. Nagenoeg 25 000 lede van die opposisie, insluitende die hele plaaslike leierskap van die BNP, is in hegtenis geneem in die daaropvolgende onderdrukking. Die regering voer aan die getal is 11 000. Kieslokale bly oop tot vyf-namiddag vandag en die uitslae word na middernag verwag.