Nigel Owens sê nee vir Rassie

Rugby: Die legendariese skeidsregter Nigel Owens sal nie die aanbod aanvaar om by die Suid-Afrikaanse afrigtingspan vir vanjaar se Wêreldbeker-toernooi aan te sluit nie. Die Springbok-direkteur van Rugby, Rassie Erasmus, wou die Wallieser aan boord hê as hul nuwe skeidsregter-afrigter omdat die heersende wêreldkampioene die kroon so goed moontlik wil verdedig wat hulle vier jaar gelede in Japan verower het. Verlede maand het die 51-jarige Owens onthul hy is onseker oor die aanbod. Maar volgens WalesOnline het hy nou aan Erasmus gesê hy kan hom nie nou tot die rol verbind nie.