J&J sit US$8,9 miljard opsy vir talkum-skikkings

Johnson & Johnson sê hy het ingestem om 8,9 miljard Amerikaanse dollar te betaal om alle kanker-regsgedinge wat aan sy talkum-gebaseerde poeiers gekoppel is, op te los. Die wêreld se grootste vervaardiger van gesondheidsorgprodukte hoop om klagtes van sowat 60 000 eisers af te handel en ‘n trust te finansier wat in die Amerikaanse bankrotskaphof in Trenton, New Jersey, gestig is om toekomstige eise te dek. Die maatskappy het reeds sy talkum-gebaseerde babapoeier en ander, insluitend Shower to Shower, aan die mark onttrek. Gelde in die skikking sal oor 25 jaar uitbetaal word. As genoeg slagoffers instem om by die ooreenkoms aan te sluit, sal die maatskappy bevry word van verdediging teen kankereise wat gekoppel is aan sy produkte.