Nieu-Seeland vermorsel Italië in Lyon

Nieu-Seeland het ‘n sterk boodskap aan hulle teenstanders in die Wêreldbeker uitgestuur dat hulle nie afgeskryf moet word nie, na hulle Italië gisteraand in Lyon met 97-16 kafgedraf het. ‘n Woelige All Black-span het 14 drieë ingeryg en die span het weer hulle onheilspellende krag getoon na hulle nederlaag in die openingswedstryd teen die gasheer-nasie, Frankryk. Aaron Smith het ‘n driekuns behaal met Ardie Savea, Will Jordan en Dane Coles wat elk twee drieë aangeteken het. Mark Telea, Brodie Retallick, Dalton Papali’i, Damian McKenzie en Anton Lienert-Brown het ook agter die pale gaan kuier.