Cleanergy begin bou aan groenwaterstof-vulstasie

Cleanergy Solutions Namibia, in vennootskap met die Ohlthaver en List-groep en Belgiese vennote, CMB.TECH, het begin met die bouwerk aan Afrika se eerste openbare groenwaterstof-hervulstasie in Walvisbaai. Son-energie sal benut word om ‘n skoon en hernubare bron van waterstof te skep, wat ‘n eko-vriendelike oplossing vir die streek se vervoerbehoeftes bied. Die uitvoerende hoof van CMB, Alexander Saverys, sê die waterstof-hervulstasie sal middel 2024 ten volle in werking wees. ‘n Waterstofakademie sal gestig word om plaaslike individue oor waterstoftegnologie op te voed.