Nienaber is tevrede met sy groep van 40
Die Springbokke se afrigter, Jacques Nienaber, is tevrede met die groep van 40 spelers en sê hulle is slaggereed vir die komende Rugbykampioenskap. Die span het intensief voorberei op ʼn oefenkamp van drie weke in Pretoria wat môre afgesluit word. Nienaber benadruk die belangrikheid om die hele groep tydens die oefenkamp byeen te hê terwyl hulle aandag gee aan hulle geestelike en fisiese voorbereiding vir volgende Saterdag se openingswedstryd teen Australië: