Niemand beseer toe bus buite Kaapstad brand

Die Stad Kaapstad het bevestig ‘n N2Express-bus het aan die brand geslaan op die N2 uitgaande rigting naby Bhungalaan. Die bestuurder en passasiers het uit die bus gekom sonder enige beserings. Die burgemeesters-komiteelid vir stedelike beweeglikheid, Rob Quintas, sê dit is te vroeg is om die oorsaak van die brand te bevestig, maar brandstigting word nie in hierdie stadium vermoed nie.