NIED se direkteur sê nuwe onderwyskurrikulum verdien nie al die kritiek

Die direkteur van die Nasionale Instituut vir Onderwysontwikkeling, dr. Patrick Simalumba, het die nuwe Namibiese onderwyskurrikulum verdedig. Hy sê dit is onregverdig dat die stelsel op die oomblik onder soveel kritiek deurloop, al het dit al prestasies bereik. Dr. Simalumba sê aan Kosmos 94.1 Nuus die kurrikulum moet nie nuut genoem word nie, want dit is ‘n hersiene kurrikulum.