Nie so maklik om Putin in hegtenis te neem

‘n Ekonomiese kenner sê die Internasionale Strafhof se bevel van inhegtenisneming teen Russiese President Vladimir Putin is ‘n interessante wending. Die hof het Putin daarvan beskuldig dat hy verantwoordelik is vir oorlogsmisdade wat in die Oekraïne gepleeg is. Die hof het geen magte om verdagtes in hegtenis te neem nie, en kan slegs jurisdiksie uitoefen oor lande wat sy stigtings-ooreenkoms onderteken het. Professor Jannie Rossouw van Wits se Sakeskool sê Rusland is nie ‘n ondertekenaar nie, wat uitlewerings en die uitvoering van die bevel is onwaarskynlik maak.