Nie genoeg getuienis vir veterane se vervolging nie

Die Nasionale Vervolgingsgesag in Suid-Afrika sê die saak teen 52 militêre veterane is in die Pretoria Landdroshof teruggetrek weens gebrekkige getuienis. Die groep word daarvan beskuldig dat hulle minister Thandi Modise, Mondli Gungubele en adjunkminister Thabang Makwetla verlede jaar by die St. George Hotel in Centurion, Tshwane, gyselaar gehou het. Die gesag se woordvoerder, Lumka Mahanjana, sê sommige klaers was huiwerig om voort te gaan met die saak en het simpatie met die beskuldigdes gehad: