Nick Kyrgios kry stewige boete by Amerikaanse Ope

Tennis: Die omstrede Australiër, Nick Kyrgios, is ‘n stewige boete opgelê vir sy jongste manewales by die Amerikaanse Ope. Hy moet 243 000 Namibiese dollar betaal omdat hy sy waterbottel gegooi en twee van sy rakette stukkend geslaan het nadat hy teen die Rus, Karen Khachanov in die kwarteindronde op Flushing Meadows in New York verloor het. Dit bring sy algehele boetes vir die toernooi op meer as 565 000 dollar te staan, nadat hy voorheen gestraf is omdat hy gespoeg en gevloek het. Kyrgios het in die laaste Grand Slam-toernooi van die jaar, prysgeld van meer as 7,7 miljoen dollar verdien.