Nic Dlamini maak geskiedenis by die Tour de France

Fietsry: Nic Dlamini gaan geskiedenis by vanjaar se Tour de France maak deur die eerste swart Suid-Afrikaner te word om aan dié beroemde wedren deel te neem. Die 25-jarige is een van agt jaers in Afrika se enigste beroepsfietsryspan, Qhubeka-Assos, by die fietstoer wat aanstaande Saterdag begin. Dlamini maak sy debuut 20 maande ná oorywerige veldwagters van Tafelberg sy arm gebreek het toe hy op ‘n oefenrit was. Sy herstel van die besering in Desember 2019 het saamgeval met die uitbreking van Covid-19.