NHE oorhandig 60 huise, sukkel steeds met agterstand 

Die Namibiese Behuisingsonderneming het vandag 60 huise oorhandig aan inwoners van die Greenwell Matongo informele nedersetting in die hoofstad. Daar is groot uitdagings met behuising en die onderneming is ongeveer 300 000 eenhede agter. Om dit in te haal in die volgende tien jaar is meer as 30 000 eenhede jaarliks nodig. Die onderneming se personeel wag ook nog op stakingreëls vir ‘n algemene staking op te begin. Maar, ten spyte van die uitdagings sê die minister van stedelike ontwikkeling, Erastus Uutoni, elke woning help en die onderneming moet voortbou.