NHE is druk besig met konstruksie

Die Namibiese Behuisingsonderneming is tans besig om 65 huise op Gobabis te bou, sowel as 50 op Omuthiya, 33 by Tsandi en 24 by Okahao. Die eenhede sal die onderneming ‘n beraamde 75 miljoen Namibiese dollar kos. Konstruksie word deur middel van die onderneming se Request for Funding-model opgerig. Hierdeur word huise deur privaatkontrakteurs gebou en hulle word eers betaal wanneer die huise verkoop is. Tot op hede is 742 huise deur middel van die  model gebou en verkoop. Die onderneming is ook besig met Stad Windhoek se projek om 1 200 huise in informele nedersettings in die hoofstad te bou.