NHE in sop sê bestuur

Die Namibiese Behuisingsonderneming se bestuur sê sou stelsels nie dringend aangepas word nie, sal die onderneming groot uitdagings beleef en kan moontlik geen toekoms hê nie. Die staatsbeheerde maatskappy is verantwoordelik vir die verskaffing van bekostigbare behuising maar bestuur by die NHE soos hy bekendstaan, sê oudits word nie uitgevoer nie, daar is geen toegang tot bekostigbare grond nie en swak bestuur word toegepas. ‘n Brief is onlangs aan die Minister van Stedelike Ontwikkeling Erastus Uutoni gerig waar daar ook melding gemaak is van ‘n boete wat die maatskappy aan die Finansiële Intelligensiesentrum moes betaal.