MTC staan Tsumkwe skool by

MTC het begin met die konstruksie van 6 nuwe klaskamers en 2 stoorkamers vir die Omatako Laerskool in die Tsumkwe Kiesafdeling. Dit vorm deel van die maatskappy se Landelike Skole Projek waar geteikende skole in landelike gebiede klaskamers en infrastruktuur ontvang. Volgens die maatskappy se Bestuurder vir Korporatiewe Aangeleenthede John Ekongo, is meer as 1,2 miljoen Namibiese doller reeds aan die projek bestee. Die Omatako skool het vervalle voorafvervaardigde klaskamers en die konstruksie sal die leerders se skooldae vergemaklik.