NGV-wetsontwerp ‘word op Wes-Kaap afgedwing’

Die leier van die Referendum-party, Phil Craig, sê die Wes-Kaap is weereens sy demokratiese wil geweier, nadat hy teen die Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering gestem het in die Nasionale Raad van Provinsies. Craig sê as president Cyril Ramaphosa die wetsontwerp onderteken, sal die provinsie gedwing word om nog ‘n ondeurdagte en vernietigende beleid in te stel waarteen die mense van die Wes-Kaap gekant is