250 stakende mynwerkers steeds ondergronds

Die Suid-Afrikaanse mynwerkersvakbond, NUM, bevestig meer as 250 mynwerkers is steeds ondergronds op ‘n sitstaking by Bakubung-platinummyn in Rustenburg, Noordwes. Agt-en-twintig werkers met chroniese siektes het gister na die oppervlak teruggekeer. Die werkers eis verbeterde omstandighede en die bedanking van die hoofbestuurder, John Beneke. Hul eise sluit in ʼn mediese fonds van 100 persent, ‘n uitwoon-toelaag van 6 800 Suid-Afrikaanse rand, billike behandeling vir swanger vroue op kraamverlof en die oplos van kwessies met kontrakteurs. Die president van NUM, Dan Balepile, het virtueel samesprekings met die mynbestuur gevoer om die voortgesette dooiepunt aan te spreek.