Nguyapeua-uitspraak vandag

Mervin Nguyapeua, die koshuisopsigter wat daarvan beskuldig word dat hy tien skoolseuns verkrag het, sal vandag hoor of hy skuldig of onskuldig bevind word. Nguyapeua, 50, het by die Karundu-laerskool op Otjiwarongo in die skool se koshuis gewoon en gewerk. Volgens die staat het hy vanaf 2013 tot 2016 verskeie seuns in die koshuis verkrag en seksueel misbruik. Nege van die seuns was glo jonger as 16 jaar; die jongste was 13. ‘n Totaal van 32 klagtes is teen hom gebring en videomateriaal het deel gevorm van die bewysstukke teen hom.