Nghipunya se strafbare manslag-saak begin vandag

Die voormalige hoof van Fishcor en Fishrot-beskuldigde Mike Nghipunya se verhoor op ‘n klag van strafbare manslag skop vandag in die hoofstad se landdroshof af. Die saak spruit uit ‘n motorongeluk op 16 Augustus 2017. Nghipunya het na bewering deur ‘n rooi verkeerslig gery en een persoon is dood. Hy het ook nie die ongeluk aangemeld nie. In die saak, het Nghipunya net ‘n waarskuwing gekry maar, hy is steeds in aanhouding by die Windhoek gevangenis in verband met die Fishrot-omkoopsaak. Hy word verteenwoordig deur Kadhila Amoomo.