Newcastle-siekte en Avian Paramyxo-virus in die Oos-Kaap

Die virus-besmetting wat talle voëls in die Oos-Kaap laat vrek het, is die Avian Paramyxo-virus en Newcastle-siekte. Die veeartsenykundige navorsingslaboratorium by Onderstepoort het toetse gedoen nadat baie voëls in verskeie dele van die provinsie onverklaarbaar gevrek het. Die Avian Paramyxo-virus kan vinnig versprei en veroorsaak dat ‘n groot aantal duiwe siek word en doodgaan. Dit is volgens berigte algemeen in baie ander lande. Veeartse wat in voëls spesialiseer, het ‘n patroon gevind waar wilde duiwe in siklusse van vier jaar hoogs vatbaar is vir die paramyxo-virus.