Never Walk Alone skenk 1 155 pare skoene

Die Never Walk Alone-projek gaan van krag tot krag. Inwoners van die Kavango Oos-streek is die jongste begunstigdes met 1 155 pare skoene wat aan kinders in die streek oorhandig is. Die projek se statistiek toon dat 70 000 kinders in Namibië nie ‘n paar skoene besit nie. Beverly Naris, die projek se logistieke beampte sê meeste skole in die land sal voordeel uit die projek trek.