Netwerk wil onderwysers vereer

Netwerk gee graag erkenning aan diegene in die gemeenskap wat ʼn verskil maak vir Afrikaans en sy mense, en het daarom besluit om af te skop met ʼn projek om onderwyspersoneel te vereer – Dankie Meneer/Juffrou! Onderwysers speel ʼn belangrike rol in die vorming en inspirasie van kinders. Netwerk wil die platform bied om namens jou dank te betuig aan hierdie opvoeders. Jy kan jou kinders wat tans nog op skool is, help om in te skryf, of al is jy self reeds klaar met skool, kan jy steeds erkenning gee aan die invloed wat ʼn onderwyser op jou lewe gehad het, solank die persoon nog lewe en in Namibië is. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 30 November 2021. Netwerk se bestuurder, Elizma Theron gesels met Kosmos 94.1 Nuus oor die kompetisie.