Netflix verloor miljoene intekenare

Netflix het tussen April en Julie byna ‘n miljoen intekenare verloor wat laer is as die twee miljoen wat in ‘n vorige verslag voorspel is. Amerika en Kanada het die meeste kansellasies in die tweede kwartaal gehad. Die Amerikaanse stromingsdiens het tans sterk kompetisie soos Apple TV, HBO Max, Amazon Prime en Disney Plus. Netflix se hoof, Reed Hastings, het die beter as verwagte syfer toegeskryf aan inhoud wat vrygestel is, met verwysing na die nuwe seisoen van Stranger Things.