Netflix oorweeg goedkoper opsies
Netflix se uitvoerende hoof, Reed Hastings, sê hulle oorweeg ‘n goedkoper weergawe van sy stromingsdiens wat ook advertensies sal insluit. Dit volg nadat die stromingsreus vir eerste keer in tien jaar intekenaars verloor het. Netflix het in die eerste drie maande vanjaar weens verskeie faktore 200 000 intekenaars verloor. Dit sluit die prysverhogings in Amerika en die Verenigde Koninkryk in. Hastings sê hulle verwag om in die drie maande tot Julie nog 2 miljoen intekenaars te verloor.