Netanyahu verwerp Internasionale Geregshof-besluit

Israel se eerste minister Benjamin Netanyahu het die besluit van die Internasionale Geregshof ten sterkste verwerp, en Israel se onwrikbare verbintenis tot internasionale gereg en sy inherente reg op selfverdediging bevestig. Netanyahu het, wat hy noem, die valse beskuldiging van volksmoord, veroordeel, en noem dit verregaande en diskriminerend. Teen die agtergrond van Internasionale Volksmoord-herdenkingsdag, vandag, het hy die onwrikbare verbintenis herbevestig met ‘n vasberade ‘Nooit Weer Nie’. Netanyahu sê Israel se konflik is spesifiek gemik op Hamas, en nié teen Palestynse burgerlikes nie.