Netanyahu oor ramp tydens godsdienstige fees

Die Israeliese eerste minister Benjamin Netanyahu het die stormloop by ‘n
godsdienstige fees wat die lewens van minstens 45 mense geëis het, as een van die
ergste rampe in die land se geskiedenis beskryf. Meer as 150 mense is beseer toe
duisende Ortodokse Jode die lag B’Omer-fees by die Meron-berg in die noorde van
Israel gevier het. Kosmos 94.1-Nuus se spesiale korrespondent in Jerusalem Ilse
Strauss.