Netanyahu geskok oor moorde naby Nasaret

Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, het sy skok uitgespreek nadat vyf mans in die Arabiese dorp, Yafa an-Naseriyye, naby die stad Nasaret vermoor is. Die polisie glo die skietery hou verband met ‘n twis tussen families wat deel is van georganiseerde misdaad. Netanyahu sê sy regering is vasbeslote om die reeks moorde te stuit en het beloof om Israel se Shin Bet-agentskap vir interne sekerheid by die poging te betrek. Shin Bet se hooftaak is om die besette Wesoewer en Gasa-strook te monitor. Israel se Arabiese minderheid maak sowat een vyfde van die bevolking uit.