Net meer as 4 miljoen kubiek in 7 dae uit Hardap onttrek

NamWater se jongste dambulletin toon dat daar 490 000 kubieke meter water uit die Von Bachdam onttrek is in ‘n week. Die drie sentrale damme het net meer as 1,1 miljoen kubieke meter water in sewe dae voorsien. Von Bach is tans 58,5 persent vol terwyl Swakoppoort 86,7 persent water het en Omatako, 73,5 persent. In die Suide is net meer as 4 miljoen kubieke meter water uit Hardap onttrek en die dam het tans 59,1 persent water. Neckartal staan tans op 96,3 persent en Naute is op 90,8 persent. Die Oanobdam buite Rehoboth het 87,2 persent water. Die Ooste se bronne is tans op 34,2 persent met Otjivero wat 49,4 persent water het terwyl die slukdam 8 persent vol is. 


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *