Net meer as 26 000 metrieke ton maasbanker beskikbaar

Die regering het aanbiedinge vir die opveiling van 26 384 metrieke ton maasbanker met ‘n minimum bod van 3 500 Namibiese dollar vir bevrore vis en 1 000 per ton vir nat vis, oopgemaak. In November verlede jaar het die kabinet ‘n totale toelaatbare vangs van 270 000 metrieke ton vir maasbanker gedurende die 2024-seisoen goedgekeur, effe laer as die 290 000 ton vir 2023 en die 330 000 ton vir 2022. In 2023 het die regering altesaam 52,3 miljoen dollar gemaak uit die verkoop van 28 500 metrieke ton maasbanker – uit ‘n oop bod wat hy op 30 540 metrieke ton in Maart gehou het.