Net 3 SAOG-staatshoofde woon Mnangagwa-inhuldiging by

Slegs drie uit 16 staatshoofde van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap het die president van Zimbabwe, Emmerson Mnangagwa, se inhuldiging Maandag in Harare bygewoon. Saam met Suid-Afrikaanse president Cyril Ramaphosa was diegene wat die reis na Harare gemaak het, Mosambiek se Filipe Nyusi en die Demokratiese Republiek van die Kongo se Felix Tshisekedi. Ander SAOG-lande het ministers van buitelandse sake en gesante wat in Zimbabwe gestasioneer is, gestuur. Mnangagwe het by die geleentheid gesê hy sal alleenlik met lande werk wat Zimbabwe vriendskaplik gesind is.