Nelson Mandeladag 2022 se tema fokus op voedselsekerheid

Die Nelson Mandela-stigting het aangekondig die tema vir 2022 se Internasionale Mandela-dag sal fokus op voedselsekerheid. Die uitvoerende hoof van die stigting, Sello Hatang, het met die bekendstelling van die program gesê maatskaplik-ekonomiese kwessies, insluitend ongelykheid en armoede, het voedselsekerheid verder laat afneem. Meer as 100 lande, asook die Verenigde Nasies, sal na verwagting die dag vier.