Nelson Mandelabaai se damvlakke daal vinnig

Die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit in die Oos-Kaap doen ‘n dringende oproep op alle watergebruikers om verbruik onmiddellik te verminder. Verskeie woongebiede ondervind toevoer-onderbrekings weens van die voortslepende droogte. Die metro se damvlakke daal steeds kommerwekkend vinnig, en die gemiddelde vlak van die groot opgaardamme wat die stad voorsien, het Maandag op 14,9 persent gestaan. Die burgemeester, Retief Odendaal, sê die stad kan nie in die behoefte van 286 mega-liter per dag voorsien nie, wat lei tot watertekorte.