Nelson Mandelabaai kry nuwe burgemeester

Die raadslid van die Noordelike Alliansie-party in die Oos-Kaap, Gary van Niekerk, is verkies as die nuwe burgemeester van Nelson Mandelabaai. Die vorige burgemeester, Retief Odendaal, is uitgestem nadat die ANC-EFF-koalisie ‘n mosie van wantroue teen hom ingedien het. Van Niekerk is die derde burgemeester van die metro sedert die 2021 plaaslike regeringsverkiesing. Die voormalige ANC-burgemeester Eugene Johnson is as die nuwe speaker van die raad verkies.