Amerikaanse bergklimgids verower drie pieke van Everest

‘n Bekende Amerikaanse bergklimgids, Garrett Madison, het die ongewone prestasie behaal om die drie bergpieke in die Everest-gebied in een seisoen te bereik. Hy het die wêreld se vierde hoogste berg, die Lhotseberg, Berg Everest en die Nuptse-berg in Mei geklim. Dit was ook die 13de keer dat hy Everest se kruin bereik het. Die 44-jarige Madison het die sogenaamde “drie krone” verower, 10 jaar nadat die vorige persoon, Kenton Cool, die prestasie behaal het. Cool, nou 49, het vanjaar ook die nuwe rekord opgestel vir die buitelander wat die kruin van Everest die meeste kon bereik, naamlik 17 keer. ‘n Nepallese sjerpa, Kami Rita het die bergpiek reeds 28 keer geklim, die meeste van alle bergklimmers.