Nehemia loof taakspan se werk, sê skuld moenie afgeskryf word nie

Die uitvoerende hoof van NamWater Abraham Nehemia het gereageer op die werksaamhede van ‘n taakspan wat streek- en plaaslike owerheidsrade besoek om die oorsaak van die uitermatige skuld aan NamWater en NamPower te bepaal. NamWater word meer as 1,2 miljard Namibiese dollar geskuld terwyl NamPower rondom ‘n miljard dollar geskuld word. Dit volg op ‘n kabinetsvoorskrif aan die ministeries van stedelike ontwikkeling en finansies om ‘n omvattende assessering te laat doen ten einde ‘n permanente en volhoubare oplossing te vind vir die voortdurende wanbetalings. Werksaamhede sluit op 18 Augustus af. Nehemia sê dit is uiters belangrik om die volhoubaarheid van NamWater, en NamPower te verseker.