Nehawu eis ondersoek na hospitaal-brand

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Onderwys, Gesondheid en Verwante Werkers-vakbond, Nehawu, het vir ‘n spoedige ondersoek gevra ná die brand vroeër die naweek by die Charlotte Maxeke-akademiese hospitaal. Volgens verslae van die Gautengse Departement van Gesondheid het die brand Vrydagoggend in ‘n spesiale apteekpakhuis ontstaan. Dit het daartoe gelei dat pasiënte na ander sale geskuif en honderde na nabygeleë hospitale oorgeplaas is. .