Nege-maande oue baba doodgeslaan in Omusati
Daar is nog ‘n geval van kindermishandeling in die Omusati-streek aangemeld. Plaaslike media berig dat die polisie in die streek ’n saak van moord en regsverydeling by die Ogongo-nedersetting ondersoek ná die ontdekking van die lyk van ’n babaseuntjie. Daar word beweer dat die baba, ongeveer nege maande oud, met ‘n onbekende harde voorwerp op die kop geslaan is, wat tot ernstige beserings en sy dood gelei het. Die liggaam is in die bosse gegooi en ontdek deur ‘n verbyganger wat blikkies bymekaar gemaak het. Die polisie is toe ontbied. Volgens wat berig word is die verdagte onbekend en die polisie se ondersoek na die saak duur voort.