NEFF wil betoog oor toelae wat nie betaal is nie

Die Namibië Ekonomiese Vryheidsvegters, NEFF, het NamPol kennis gegee dat hulle van plan is om môre ‘n vreedsame betoging by die armoede-uitwissing-ministerie te hou. Volgens die party het die ministerie, saam met die Wêreldvoedselprogram, twee jaar gelede verskeie mense vir toelaes geregistreer. Die mense sou 1 800 Namibiese dollar eenmalig ontvang en 600 dollar per maand vir die volgende drie jaar, maar niemand in die Khomas-streek het hul geld gekry nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die Arbeidsaktivis en NEFF-lid Michael Amushelelo gepraat, wat sê iemand moet verantwoordelik gehou word.