Karas Streeksraad soek plaaslike taalvaardigheid vir werk

Die voorsitter van die Karas Streeksraad, Joseph Isaacks, het raadsamptenare opdrag gegee om plaaslike taalvaardigheid as ‘n verpligte voorwaarde vir alle vakatures in die streekregering in te sluit. Isaacks het tydens ‘n vergadering gesê die streek se inwoners word geïdentifiseer deur die tale wat hulle praat, Khoekhoegowab en Afrikaans. As iemand nie die twee tale magtig is nie is hulle nuut in die streek of stel nie belang nie, sê Isaacks, en dis hoog tyd dat die streek se inwoners die beskikbare werk kry. Met die groen waterstof- en oliesektor-ontwikkelings op hande, moet daar ook verseker word dat die mense van die streek voorkeur geniet in alle sosiale en ekonomiese geleenthede.