NEFF-twee appelleer vandag

Die appèlsaak teen die weiering van borg vir Michael Amushelelo en Dimbulukeni Nauyoma begin vanoggend om nege-uur voor hoërhofregters Christie Liebenberg en Boas Usiku. Die saak word verdedig. Beide aansoekers sê landdros Masule Kwizi fouteer het deur nie borg aan hulle toe te staan nie terwyl die staat aanvoer dat borg wel geweier moes word as gevolg van verskeie redes. Lang hoofargumente is reeds ingedien. Die twee voer aan dat hulle makkers, wat ook aangekla is na die chaos by Chinatown, reeds op borg vrygelaat is. Die staat sê onder andere dat Amushelelo reeds op borg uit is en weer die wet oortree het. Die twee staar ernstige klagtes in die gesig. Hulle is in aanhouding sedert hulle arrestasie op 12 en 13 Mei.