NEFF sê ‘omstrede’ lede sal nie sy beeld skend nie

Die Namibian Economic Freedom Fighters, bekend as NEFF, sê hy is nie getraak deur die kontroversie wat verband hou met sy nuutste lede, die buitelandse valuta-handelaars Michael Amushelelo en Gregory Cloete nie. NEFF sê hy is ‘n tuiste van elke Namibiër. Amushelelo en Cloete staar verskeie klagtes in die gesig wat geldwassery en bedrog insluit. Hulle word daarvan verdink dat hulle ‘n piramiede-skema bedryf het. Maar die NEFF is vasbeslote dat die aanvaarding van lidmaatskap van die twee omstrede persoonlikhede geen skade aan die party se politieke ambisies sal berokken nie.