NEFF se Nayuoma uit op borg

Dit is nog onbekend wanneer die NEFF-aktivis Michael Amushelelo se borgtog-aansoek sal plaasvind. Intussen is sy kameraad Dimbulukeni Nauyoma vandag op borgtog van 5 000 Namibiese dollar in die Windhoekse landdroshof in Katutura vrygelaat. Die regsverteenwoordiger van Amushelelo, Kadhila Amoomo, het die dienste van ‘n advokaat ingeroep om te help met Amushelelo se verdediging en hy het tyd nodig om die saak te bestudeer en te konsulteer. Die twee aktiviste, asook PDM-parlementslid Inna Hengari is op 21 Maart in hegtenis geneem. Amushelelo staan reeds op ander klagte in verband met openbare byeenkomste tereg.