DA: SA moeg vir onbestendigheid in koalisies

Die DA sê hulle is oop daarvoor en bereid om saam te werk met ander kleiner partye om te verseker die ANC herwin nie die mag in 2024 se verkiesing nie. Die DA se herkose leier, John Steenhuisen, het vandag aan die media gesê die mandaat is ook om die EFF van magtige posisies te verwyder. Hy sê Suid-Afrikaners is moeg vir die onbestendigheid in koalisieregerings.