NEFF hou vreedsame optog na borg geweier is

Die Namibia Economic Freedom Fighters hou tans ‘n vreedsame optog na China Town vanaf die landdroshof by Katutura. Volgens die party se adjunkpresident Kalimbo Iipumbu, is hulle uiters ongelukkig met die weiering van borg deur landdros Masule Kwize vroeër vanoggend.

Regslui vir die twee partylede, Michael Amushelo en Dimbulukeni Nauyoma het vroeër aangedui hulle sal die uitspraak noukeurig deurgaan en dan ‘n besluit maak oor of hulle sal appelleer in die hoërhof.