NEFF-gedrag in parlement is onaanvaarbaar

Die LP’s van die Namibia Economic Freedom Fighters het volgens kenners uiters swak gedrag in die Nasionale Vergadering getoon met die hervatting van sessies Dinsdagmiddag. Dit het hewige reaksie uitgelok, dat wetgewers, waar daar is om die publiek te verteenwoordig, hulself so kon gedra. NEFF-hoof Epafras Mukwiilongo, het bevraagteken of Yvonne Dausab, die minister van justisie, ‘n man of vrou is, wat onder baie lede ‘n gelag uitgelok het. Nico Smit, veteraan parlementslid van die PDM sê die terugtrekking van die kommentaar en die verskoning wat gevra is, is nie genoeg nie.